Contact Artefacts
please if you have any comments or more information regarding this record.

List of Projects

PRELLER, Deborah (Debbie)

Born:

Architect


BArch 1978 (Pretoria) - Final design title: Vliegskool vir Dames

Deborah PRELLER was invited to participate in the 50 year Anniversary of the University of Pretoria School of Architecture Alumni Exhibition held at the Pretoria Art Gallery on 7-25 July 1993. The following is a short biography which was published in the catalogue at the time.

Voltooi B.Arch graad in 1978, waarna een jaar by DEPT OPENBARE WERKE spandeer is. Sluit in 1980 aan by BURG DOHERTY BRYANT EN VENNOTE in Pretoria en word na 2 jaar na genoot bevorder. Projekte-ondervinding sluit die wydste moontlike spektrum in. Dien op komitees van Pretoria Argitekte Vereniging en die Stadsraad van Pretoria se Lystingskomitee.

In 'n poging om na Kaapstad te verhuis, sluit sy in 1987 aan by JORDAAN HARTWIG & VENNOTE as resident argitek en bestuurder van hul Worcester-kantoor. Ondervinding sluit in gespesialiseerde skole en fasiliteite vir gehoorgestremdes, gemeenskapsentrums en arbeiderswonings, sekondêre skool, restourasie, ens.

In 1988 reis sy na Engeland, V.S.A. en Kanada en vestig haar in Jamaika (Wes-Indiese Eilande) vanwaar haar moeder en lg. se familie afkomstig is. As bestuurder van Paul Chang & Associates, asook van die multi-dissiplinere Chang Group of Companies in Kingston word ondervinding opgedoen tov internasionale konsultante, produkte, boumetodes en kodes, finansiering bv. World Bank, US Aid, Canada Aid hulpprogramme ens. Projekte behels gemeenskapsentra, skole, sportsentra, luukse hotelle, "condominiums", vakansievillas en huise. Woon verskeie kursusse in V.S.A. by mbt bousisteme, en doen navorsing tov laekoste-behuising en -sisteme na aanleiding van Orkaan Gilbert se verwoesting in 1988. Meeste van die boumateriale en produkte vir projekte moes self besigtig word in V.S.A., gespesifiseer, bestel en ingevoer word vanaf V.S.A. en Kanada. In 1990 keer sy terug na Suid Afrika en stig saam met ex-Burg Doherty Bryant kollegas GROENEWALD PRELLER ARGITEKTE BPK in Kaapstad. Tans is sy en Trudi GROENEWALD 'n unieke vennootskap waarvan die vennote alleenlik vroue is. 'n Takkantoor is in George geopen in 1991. 'n Wye verskeidenheid projekte word onderneem nl. kommersieel, industrieel, residensieel, herbenutting ens. Sy was ook deeltydse dosent by Interieur Ontwerp Departement aan die Kaapse Technikon, en is tans steeds eksterne eksaminator.

Sy poog om kontak te behou met gevestigde bronne en kontakte oorsee, en onderneem reise om op hoogte te bly met ontwikkelings. Tydens 'n onlangse reis na Engeland en Jamaika is die Art Deco distrik van South Beach, Miami weer besoek om nuutste herbenuttings daar in heraanskoue te neem.

Debbie skilder in waterverf en olie (tans 'n leerling by die Michael Pettit School of Art) en is lid van die Vriende van die SA Nasionale Kunsmuseum en APES (Vereniging van "Architects, Planners, Engineers & Surveyors"). Ander belangstellings is oa skuba-duik, fietsry, stap en reis.

List of projects

With photographs
With notes

Bella Vista Sekondêre Skool: pre 1993. Ceres, Western Cape - Architect
Fook Island: c1980. Menlo Park, Tshwane (Pretoria), Gauteng - Design Architect
Huis Khan: pre 1993. Vereeniging, Gauteng - Architect
Landbank Offices: pre 1993. George, Western Cape - Architect