OFFICE BUILDING
Head Office, Velocity Films Edenburg, Johannesburg 1996
An exposed steel structure, fair-face concrete slabs, corrugated steel cladding and a simple roof overhang gives this office building a fresh and elegant look. The steel structure consists of rolled I-profile columns and beams. The first floor consists of precast concrete panels which rest on the steel beams. The ring canopy above the ground floor windows, serving as a sun hood on the north side, is cast in situ with a slight fall and a drip joint, and trowel finished without waterproofing. The corrugated steel roof overhang of 1,2 m is supported by a steel pipe purlin and supports, uncluttered by trim, gutters or downpipes. The internal corridor is lit over its full length (37 m) by means of fixed polycarbonate roof lights. Heat build-up under the roof is removed by two fans at the ends of the corridor. No further heating or cooling is provided.
The cost of the building is R 1 600/m²
Architect: Jo Noero
Architecture SA May/June 1996
KANTOORGEBOU
Hoofkantoor, Velocity Films Edenburg, Johannesburg 1996
'n Blootgestelde staalstruktuur, skoon¬beton blaaie, golfplaat bekleding en 'n eenvoudige dakoorhang gee dié kantoorgebou 'n fris en elegante voorkoms. Die staalstruktuur bestaan uit gewalste I-profiel kolomme en balke. Die blad van die eerstevloer is voorafgegiete betonblaaie wat op die staalbalke rus. Die ringkap bo die grondvloervensters, wat dien as sonbeskerming aan die noordekant, is van in situ gegiete beton met effense val en drupvoeg, is bo-op afgetroffel sonder waterdigting. Die golfplaat dakoorhang van l,2 m word deur ' n staalpyplat en stutte ondersteun, onbesoedel deur lyste, geute of afleipype. Die interne gang word oor sy volle lengte (37m) deur vaste polikarbonaat dakligte verlig. Hitte wat onder die dakligte opbou word deur twee waaiers aan die ente van die gang verwyder. Geen verdere verwarming of verkoeling word voorsien nie.
Die koste van die gebou beloop R 1 600/m²
Argitek: Jo Noero
Architecture SA May/June 1996
|