| 1963 |
|
|
| 15 Jan |
|
Die eerste ongeluk van ‘n hospitaal voertuig – ‘n jong seun word bewusteloos gery op pad na The Haven om sand vir die tennisbaan op te laai. |
| 3 Feb |
|
Nkanya-kerkhut word in gebruik geneem. R37.87 is vir die boukoste deur die gemeente bygedra. |
| 15 Feb |
|
Patats word uit die tuin geoes – een weeg 22 pond! Landbou-praatjies begin en saad van agt soorte groente verkoop. Die hospitaal se tuin dien as model. Patat-rankies word versprei onder Rooikomberse en lidmate. |
| Mrt |
|
‘n Rekord reënval vir ‘n maand: 26.72 duim. |
| 12 Apr |
|
Die polisie op besoek om sekuriteitsmaatreëls te bespreek i.v.m die Poqo (PAC) onluste. Die konsensus is: As Christen is selfverdediging (met geweld) nie geregverdig nie, as dit egter “kommunistiese of dan nasionalistiese opstand is”, is selfverdediging ‘n roeping. |
| 15 Apr |
|
By Xuba vind gevegte tussen die Gcaleka en Bomvana plaas. |
| 3 Mei |
|
Dertien katkisasieklasse word per week gehou. |
| 18 Mei |
|
‘n Ixwele van die Madwaleni omgewing het aan ‘n klompie jongmanne opdrag gegee om ‘n lyk van ‘n vrou (wat al twee jaar begrawe is) op te grawe. Haar bene asook dié van ander is naby die Ntlonyana-waterpyp opgegrawe en verwyder. ‘n Paar jongmanne word deur spoorsny opgespoor en in hegtenis geneem. |
| 3 Jun |
|
Gesprekke vind by Nkanya plaas met die oog op lidmaatskap. Moeilike vrae word bespreek. Wat doen ‘n Christen-vrou as haar man sê: “Maak bier. Neem die kind na ‘n toordokter”? Sy moet gehoorsaam, maar ook getuig bv. deur by die bier ná ploegtyd te sê: “Ons doen dit sodat ons kan dankie sê aan die osse”. |
| 8 Jun |
|
‘n Grootskaalse jag op ‘n ‘ongedierte’ wat skape doodbyt, lewer niks op nie. |
| 10 Jun |
|
‘n Vergadering by die Opperhoof oor klagtes dat plaaslike mense nie by Madwaleni in diens geneem word nie. Die klag word met verduideliking en statistiek weerlê. |
| 13 Jun |
|
Malihambe, die eerste bekeerling, skep verhoudingsprobleme vanweë sy opvlieënde humeur. Tug volg na ‘n lang gesprek met hom. Dis ‘n pynlike saak vir David. |
| 29 Jun |
|
‘n Werkspan van twee Maties kom aan. |
| 15 Jul |
|
Die tennisbaan, ‘n kleibaan, word voltooi. |
| 17 Aug |
|
Vethe Lohadi word as ouderling na die sinodesitting op Kimberley afgevaardig. |
| 21 Aug |
|
‘n ‘Ministers’ fraternal’ word op Madwaleni gehou. |
| 28 Aug |
|
Pine Pienaar help met ‘n Bybelskool vir 30 manslidmate van 13 gemeentes in die Transkei en Ciskei. ‘n Paar van hulle maak hul skuldig aan onsedelike gedrag met van die leerlingverpleegsters en vyf moet Madwaleni verlaat. |
| 15 Okt |
|
David bespreek met Koos Oosthuysen die “Xhosa Bible Committee” wat die 1963 vertaling hersien. |
| 20 Nov |
|
Die eerste Transkeise verkiesing ontlok die skeptiese vraag by David: “Is dit hoe demokrasie lyk?” |
| 1 Des |
|
Student Madlanga vervang Ev. Ndotho by Dabane. |
| 11 Des |
|
David en Kobus Koch (destyds ‘n antropologie student en later sendeling op Zithulele) stel die Bomvana geskiedenis te boek uit orale vertellings van 10 geslagte Bomvana opperhoofde. |
| Des |
|
Kommunikasie in die distrik word verbeter deur die installering van ‘n radio-versender wat ook in die Land Rover gebruik word. Die jaar 1963 het 64.05 duim reën opgelewer. |
| 1964 |
|
|
| 1 Feb |
|
Aletta Oosthuysen, opgelei by die Frere Hospitaal, kom as nuwe suster aan. |
| 3 Apr |
|
Elsje word deur ‘n pofadder gebyt. |
| 1 Aug |
|
‘n Reuse umgidi word by Hobeni gehou. ‘n Paar duisend mense is teenwordig asook 75 abakwetha. |
| 3 Sep |
|
Planne om die hospitaal-gebou uit te brei word met die Raadskommissie (van die NG Kerk) en Mnr. Kapp as bouer bespreek. Die plan is om die hospitaal vanaf 74 na 125 beddens te vergroot. |
| 15 Sep |
|
Die eerste Christelike huwelik word bevestig: Ted Sigxina (die seun van ‘n Dabane hoofman) trou met Ntwana Qondovu (die dogter van ‘n ander hoofman). |
| 20 Nov |
|
Hoofman K. D. Matanzima en sy gevolg besoek Bomvanaland en drink tee op Madwaleni. |
| 22 Nov |
|
Die kerkhut by Xuba word ingewy en 79 mense is teenwoordig. |
| 3 Des |
|
Student A. Dyasi kom vir vakansiewerk aan. |
| 1965 |
|
|
| 3 Jan |
|
Edward Mhana, een van die oudste lidmate, sterf in die tering-afdeling. |
| 1 Feb |
|
‘n Verslag oor 1964 dui die volgende syfers aan: 7,110 pasiënte toegelaat; 45,104 pasiënt-dae; 5,753 buitepasiënte (behalwe die tering-gevalle); gemiddelde koste per pasiënt per dag: 96 sent. |
| 21 Feb |
|
Die kerkhut op Manganyela word na drie jaar se pogings ingewy. |
| 16 Mrt |
|
David vertrek vir twee maande na die VSA en Europa. |
| 5 Jul |
|
Besoek van die Ceres Kleurling-gemeente. |
| 7 Jul |
|
Die eerste predikersklas op Dabane – sommige is analfabete. |
| 8 Jul |
|
Die feitlik verdubbeling van die hospitaalgeboue wat beplan is, vorder. ‘n Nuwe pad word uitgemeet. |
| 15 Aug |
|
Gerard begin ‘n weeklikse kursus vir stafverpleegsters: 'Health education'. |
| 22 Aug |
|
‘n Kinderkamp by Nkanya word deur 116 bygewoon. |
| 31 Aug |
|
Pieter du Toit kom as nuwe geneesheer aan. |
| 20 Sep |
|
‘n Maandelikse bydrae-stelsel word vir die lidmate ingestel. |
| 22 Sep |
|
Die Jansen-gesin is weg met oorsese verlof tot 21 Desember 1965. |
| 26 Sep |
|
Daar is nou 58 lidmate. |
| 29 Sep |
|
Die nuwe doktershuis is feitlik klaar, die fondamente van die tweede verpleegstershuis is gelê en dan volg die buitegeboue (soos die ‘kragstasie’) en uitbreidings aan die tering-afdeling. |
| 22 Okt |
|
Fia van Schaik van Nederland kom aan as tweede blanke suster na oriëntasie te Canzibe. |
| 11 Nov |
|
Die Bosch-gesin vertrek na Kaapstad vir David se operasie in die Karl Bremmer Hospitaal. |
| 1966 |
|
|
| 4 Mei |
|
Die nutsman-pos word deur die hospitaal-komitee goedgekeur. |
| 9 Mei |
|
Dr. Pieter du Toit vertrek vir 4 maande na Zithulele waarna hy die sending verlaat. |
| 12 Mei |
|
Die wanverhouding tussen Sinah Mazinyo (geestelike werkster) en Phyllis Plaata (verpleegster) veroorsaak dat eg. Madwaleni na baie jare verlaat. |
| 15 Mei |
|
Tien onderwyseresse woon ‘n kamp by. |
| 25 Jun |
|
‘n Groot groep Matie-werkers kom aan onder leiding van Philip McDonald. Hulle bou vyf hutte by die kamp by Nkanya-mond. |
| 16 Jul |
|
Afskeid van die Bosch-gesin na meer as nege jaar in Bomvanaland. Hy het ‘n pos by Decoligny aanvaar. |
| 17 Jul |
|
David se afskeidspreek. |
| 11 Okt |
|
Ds. Roché Heyns kom aan as nuwe leraar van die Madwaleni-werkkring. |
| 20 Okt |
|
Percy Qondovu, ‘n voorstander en hoofman, word deur die weerlig doodgeslaan. |
| 25 Nov |
|
Die nuwe buitepasiënte-afdeling word ingewy. |
| 1967 |
|
|
| 3 Jan |
|
Dr. James Roelofse kom aan. |
| 21 Feb |
|
Louise Horn vul die nuwe pos van apteker/laboratorium tegnikus. |
| 13 Mrt |
|
Godsdiens word in die buite-pasiënte afdeling gehou. |
| 7 Mei |
|
Die eerste gesamentlike kinderdiens van al die buitepos-kinders word na Saterdag se speletjies gehou. |
| 13 Mei |
|
Aletta Oosthuisen verlaat Madwaleni om te gaan trou. |
| 27 Mei |
|
Ds. Hennie Pretorius op ‘n Mqanduli-buitepos bevestig. |
| 23 Jun |
|
‘n Groep van 16 Maties daag op om vir ‘n week lank handearbeid te doen. |
| 7 Jul |
|
Jannie Reiling kom aan as matrone. |
| 18-20 Aug |
|
- ‘n Honderd seuns woon ‘n kamp by. |
| 27 Aug |
|
Biskop Stephen Neil op besoek saam met David. |
| 23 Sep |
|
Die manyano (vrouevereniging) word by Madwaleni gestig. Dit word waargeneem deur Mev. Marié Smit, leraarsvrou van Umtata. |
| 18-27 Okt |
|
- Sinode by Worcester. |
| 1968 |
|
|
| 29 Jan |
|
Roché Heyns neem afskeid ná 15 maande. |
| 27 Feb |
|
Die Roelofse vertrek. |
| 29 Feb |
|
Dr. Henk Boer, sy vrou, Klari, en hul vier kinders, Harm, Erik Jan, Eefke en Warner kom vanaf Sterkspruit aan. Ev. Madlanga van Dabane word onder tug geplaas nadat hy ‘n vrouelidmaat swanger gemaak het. |
| 23 Apr |
|
Ds. Hennie Pretorius en sy vrou, Elza, kom aan met hul seuntjies, Wessel en Anton. |
| 24 Apr |
|
Bevestigingsdiens gelei deur Ds. Haas Burger. |
| 13 Mei |
|
‘n Lewendige bespreking van die amafufunyana deur dokters en leraars van die Ring. |
| 28 Mei |
|
Hennie spreek 30 separatiste-leiers in Umtata toe oor ‘Evangelisasie’. |
| 21 Jun |
|
Loo Horn vertrek na 18 maande. |
| 14 Aug |
|
Fia van Schaik vertrek na byna 3 jaar. |
| 6 Sep |
|
Die eersEte basaar lewer R92 op. |
| 7 Sep |
|
Victor en Abyssinia Mboyana word in die kerk in die huwelik bevestig. |
| 8 Sep |
|
Dienste word in die gevangenis hervat – met die gebruik van preke op ‘n bandmasjien. |
| 21 Sep |
|
‘n Span van die National Society for the Blind werk in die distrik vir ‘n week lank. |
| 31 Okt |
|
Barry de Swardt kom as nutsman aan. Hoofman Vuyisile word tot die parlement verkies. |
| 13 Nov |
|
Mr Grimm van die Hospital Christian Fellowships op besoek. |
| 1969 |
|
|
| 23 Jan |
|
Die Native Recruiting Corporation skenk R1,500 vir die bou van ‘n skooltjie by die tering-afdeling. |
| 24 Jan |
|
Afskeid van tannie Betsie Retief as huismoeder. |
| 3 Mrt |
|
Barry de Swart vertrek. |
| 22 Jun |
|
Die Maties-werkspan kom aan. |
| 26 Jun |
|
Sending medici van die Transkei en Ciskei hou ‘n konferensie op Madwaleni en bespreek “Die sosio-geneeskundige aspekte van en in die mediese sending”. |
| 31 Jun |
|
Ev. Mtonjeni kom aan. |
| 19-21 Sep |
|
- ‘n Sirkelkonferensie van die manyano vind op Madwaleni plaas. |
| 1 Nov |
|
Dr de Klerk Kruger, sy vrou en vyf seuns kom aan en bly sewe maande. |
| 7 Des |
|
Die skoolgeboutjie vir die tering-kinders word voltooi. |
| 1970 |
|
|
| 7 Feb |
|
Compie Theron vul die pos van nutsman. Sy vrou, Liesbet, en drie kinders is saam met hom. |
| 23 Mrt |
|
Prof. Joh Verkuyl van Nederland en David besoek Madwaleni saam met 'n TV-span van die Nederlandse Christelijke Radio Vereniging. Die opnames is later deur die geheime polisie tot niet gemaak. Gerard voer ‘n lang onderhoud met die fotograaf Theo Wip onder meer oor wanvoeding in Bomvanaland. |
| 2 Apr |
|
Die grootste getal blanke personeel ooit woon die weeklikse biduur by – 16. |
| 8 Apr |
|
Dr. Cerff, ‘n onderwysinspekteur, wy die kleinste skool in die Kaapprovinsie op Madwaleni in. Mnr. Jan van der Merwe (78 jaar oud) is die eerste onderwyser nadat Ankie vir ‘n paar maande ‘n skool in die nuwe gebou van die sustershuis met 12 kinders begin het. |
| 4 Mei |
|
Die opleiding van hulp-stafverpleegsters begin amptelik. |
| 30 Mei |
|
Die plegtige viering van Madwaleni se tienjarige bestaan. Die Minister van Binnelandse Sake, Mnr. Moshweshwe, en David hou toesprake. Die Opperhoof van die Bomvana, Zwelinqaba Gwebindlala, wat in Gusi-lokasie woon waarin Madwaleni geleë is, is ook teenwoordig. ‘n Brosjure, Geen ander naam, is vir die geleentheid gepubliseer. Die seremonie eindig met die sing van Nkosi sikel’ iAfrika. Oudtshoorn-Wes skenk ‘n bedrag van R10,000. |
| 6 Jul |
|
Die Maties bou die saaltjie by die Nkanya-kamp. Oudtshoorn-Wes se donasie word o.a. hiervoor gebruik.
|
| 24 Jun |
|
Matrone Jannie Reiling vertrek. |
| 7 Aug |
|
Die Jansen-gesin neem afskeid en keer terug na Nederland ná 11 jaar. |
| 4 Sep |
|
Dr. Christoff Teichler kom aan. |
| 4 Sep |
|
Hennie, Kannetjies en Victor Mboyana as ouderling doen huisbesoek by Martin Tupha, ‘n diaken. Hulle ontdek dat hy ook ‘n umpostile is. Vrae ontstaan: “Watter aandeel het ons sendingmetodes hieraan? Bied ons kerk werklik ‘a place to feel at home’?” |
| 28 Okt |
|
Kannetjies vertrek ná 11 jaar en aanvaar ‘n pos by Decoligny as dosent. |
| 7 Des |
|
Louise Jacobs vertrek. |
| 29 Des |
|
Ncediswa Sanda word permanent as geestelike werkster aangestel. |
| 1971 |
|
|
| 6 Jan |
|
Ev. Ndabambi kom aan. |
| 12 Jan |
|
Kitty Odendaal kom aan om Mnr. Van der Merwe, wat in Desember vertrek het, as onderwyser te vervang. |
| 1 Feb |
|
Die eerste swart matrone, Sr. C. T. Mesatywa, word aangestel. |
| 4-6 Feb |
|
‘n Span van MEMA maak ‘n opname van die mediese werk. |
| 26 Feb |
|
‘n Skool, geïnisieer deur Madwaleni, word langs die stasie begin. Daar is reeds 74 graad A’s en B’s. |
| 26 Mrt |
|
Hennie Steyn land met die Missionary Aviation Fellowship se vliegtuig op die geïmproviseerde landingsveld by die Ntlonyana. Opperhoof Zwelinqaba en Hoofman Vuyisile is die eerste twee passasiers. |
| 18 Mei |
|
Riëtte Marais kom aan as nojikeleza. |
| 27 Nov |
|
Die gemeente, wat voorheen ‘n werkkring was, word amptelik gestig. David neem die preek waar – net voordat hulle na Pretoria vertrek waar hy ‘n pos by UNISA aanvaar het. |
| 1972 |
|
|
| 6 Jan |
|
Dr. Hermie van Lill, sy vrou Daisy en hul twee dogters kom aan. Die Pretorius-gesin vertrek na Pretoria vir ‘n jaar studieverlof wat aan Hennie toegestaan is. |
| 19 Jan |
|
Me B Jordaan is die nuwe onderwyseres wat Kitty Odendaal vervang. |
| 1 Feb |
|
Dr. Teichler vertrek na Isilimela. |
| 26 Apr |
|
Compie Theron en sy gesin vertrek na Sterkspruit. |
| 7 Jun |
|
Kennis word van die Departement Onderwys ontvang dat die plaasskool vir blanke kinders op Madwaleni op 30 Junie moet sluit aangesien daar nou minder as vyf leerlinge oorbly. |
| 16 Jun |
|
Me Jordaan neem afskeid en die skooljie sluit. |
| 24 Jun |
|
‘n Matie-span bou by die Nkanya-kampterrein en die aanstaande ingenieurs onder hulle doen nuttige herstelwerk by die hospitaal. |
| 1 Aug |
|
Die Boer-gesin vertrek terug na Nederland ná vier en ‘n half jaar. |
| 15 Aug |
|
Xuba se kerkhut word deur ‘n brand verwoes. |
| 31 Aug |
|
Dr. Colin Carstens, sy vrou Grietjie en hul twee kinders kom aan. |
| 1973 |
|
|
| 14 Jan |
|
Die Pretorius-gesin is terug na ‘n jaar studieverlof. |
| 21-26 Mei |
|
- ‘n Tweede taalskool gelei deur Koos Oosthuysen word op Madwaleni gehou en ongeveer 20 persone uit die Transkei en Ciskei woon dit by. |
| 16 Jun |
|
‘n Span Maties herbou die Xuba-kerkhut. |
| 26 Jul |
|
Funeka Tantala word as ‘health educator’ aangestel. Sy werk vanaf haar demonstrasiehut Masibuye wat deur die Transkeise Raad van Kerke geskenk is. |
| Aug |
|
‘n Predikerskonferensie word saam met Zithulele gehou en Jasper Burden tree as spreker op. |
| 4 Sep |
|
Riëtte Marais vertrek. |
| 12 Des |
|
Die Van Lills vertrek. |
| Des |
|
Gerard Jansen word geluk gewens met die verkryging van sy doktorsgraad cum laude (later is dit gepubliseer as die Doctor-patient relationship in an African tribal society). |
| 1974 |
|
|
| 31 Jan |
|
Camp en Bessie Louw vertrek ná 13 jaar. Slegs vier blanke volwassenes bly oor. |
| 10 Mrt |
|
Dr. Magreet Meijer van Nederland kom aan. |
| 14 Apr |
|
Die Paasdiens word deur 365 mense bygewoon. |
| 6-8 Sep |
|
‘n Sirkelkonferensie van die manyano word gehou. |
| 29 Sep |
|
Ev. M. Koli en gesin kom aan. |
| 1 Okt |
|
Die Carstens-gesin vertrek. |
| 6 Des |
|
Willem en Bettie Hattingh kom aan. Hy vul die nutsman-pos. |
| 1975 |
|
|
| 20 Feb |
|
Dr. Harry Kanis en sy vrou, Sija, op besoek (en later kom hul permanent aan). |
| 28-30 Mrt |
|
- ‘n Paasfees-konferensie oor die huwelik en gesin word deur Pine Pienaar en teologiese studente James en Sileku gelei. |
| 15 Mrt |
|
Twis ontstaan oor twee groepe in die manyano: die abahleliyo en die abafikayo. Die kerkraad weier egter om twee kollektes te ontvang. ‘n Vrouelidmaat by Nkanya is van towery beskuldig. Na ‘n poging om haar hut af te brand moet sy haar kraal verskuif. |
| 1 Jun |
|
Dr. Magreet Meijer vertrek na 16 maande. |
| 6 Jun |
|
‘n Werkerspan van 10 studente van Port Elizabeth kom aan. |
| Okt |
|
Vir die eerste maal sedert die begin van die stasie is die bywoning van die oggendgodsdiens om 7 vm nie meer verpligtend nie. ‘n Kwart van die gewone bywoning vergader in ‘n baie aangename atmosfeer. Dr. Julian Pratt word as tydelike dokter verwelkom. |
| 22-28 Nov |
|
- Sewe mediese studente, sewe dokters en Elna Mouton is betrokke by ‘n kursus aangaande mediese en sending-oriëntasie wat op Madwaleni gehou word. |
| 6-7 Des |
|
- Die vrouekonferensie word by Nkanya gehou waar die nuwe ‘longdawel’ ook ingewy word. |
| 16 Des |
|
Prof. P. Meyer (skrywer van Townsman or Tribesman) op besoek. Harry, Sija en Ev. Koli vergesel Hoofmanne Zwelinqaba en Vuyisile na Tafalehashe i.v.m die Metodiste predikant, Rev. Qambela, se gedenksteen om o.a. die epiese rit van Dick King te perd (1842) vanaf Port Natal na Grahamstown te gedenk. |
| 1976 |
|
|
| 9 Jan |
|
By ‘n hospitaalkomitee-vergadering verwys Mnr. Ntuli, die magistraat, na die komende oorname van die hospitaal deur die staat: “Mr Ntuli stressed the point that the citizens of Transkei do not want the white people to leave the Transkei after the takeover or after independence. If they should leave while they are still needed here it will mean that they will break down the good work started by missionaries years ago”. |
| 5 Feb |
|
“Educate people without religion and you make devils out of them” – uit ‘n toespraak van ‘n skoolinspekteur toe hy aan 13 trotse volwassenes wat hul kursus in lees en skryf suksesvol voltooi het, sertifikate oorhandig. |
| 29 Feb |
|
Twee verpleegsters, wat van kleins af in die Sondagskool was, tel onder die 11 nuwe lidmate. Saam met die buiteposte is daar 27 nuwe lidmate. |
| 28 Mrt |
|
Die Pretorius-gesin vertrek na Decoligny ná agt jaar. |
| 9 Apr |
|
Die hospitaal word amptelik aan die Transkeise regering oorhandig en ‘n klompie hoë amptenare woon dit by. Hoofman Vuyisile: “Before their arrival the axe ruled here. Dr Bosch broke the power of the axe and even slept at our houses”. ‘n Koei is vir die geleentheid geslag. |
| 2 Mei |
|
Dr. Robert Nicholas en sy vrou, Christelle, kom uit die Kaap aan. |
| Jun |
|
Ncediswa hou vir vyf dae ‘n konferensie met 39 jong dogters. Die gesondheidsvoorligter lewer haar bydrae. |
| Jul |
|
Dr. Nicholas vertrek vir sy militêre diens. |
| 1 Sep |
|
Die Burgers vertrek na Pretoria. |
| Aug |
|
Ncediswa vertrek na Canzibe – die sendingbakkie gaan saam met haar. |
| Sep |
|
Afskeid van Dr. Julian Pratt wat na Engeland terugkeer. |
| 1977 |
|
|
| 12 Feb |
|
Ds. Danie en Neelsie van Zyl kom aan. |
| 13 Feb |
|
Ev. Ntloko word bevestig en gaan na Dabane. Ev. Koli vertrek na Decoligny vir verdere studie. |
| 23 Feb |
|
Die grond met die nuwe pastorie en skoolgebou asook die kerkgrond word van die hospitaalgrond geskei. Dit maak ‘n groot stuk tuingrond vir die gemeente beskikbaar. |
| 10 Apr |
|
Die “sing sonder einde” die nag deur eis sy tol in die erediens: “Dit het vir my na alles behalwe ‘n opstandingsdiens gevoel” skryf Danie. |
| 14 Apr |
|
Die Transkeise Sendingraad ontbind en word deur ‘n Personeelkomitee vervang. |
| 1 Mei |
|
Vervoer skep’n probleem. Danie preek die oggend om 9 vm by Nkanya, 11-uur by Madwaleni en die middag by Cwebe/Manganyela. Ev. Ntloko preek by Dabane, Futye en Xuba. |
| 18 Mei |
|
Jessie Diko kom ná 10 jaar by Sipetu as nojikeleza na Madwaleni. |
| 30 Jun |
|
Die Nicholas-egpaar keer terug na sy dienstyd. Die Hattinghs vertrek na Umtata. Dr. Päl Leichtman kom aan uit Nederland. |
| 21 Jul |
|
SANTA organiseer samesprekings tussen dokters, amagqirha en amaxwele om samewerking te vind om tering-pasiënte na die hospitaal te kry. Vyftig tradisionele genesers daag op. |
| 29 Jul |
|
Werk wat gestaak moes word, kom weer op dreef. Jessie gaan bv. met die hospitaal-voertuig na KuloGqwetha om Sondagskool en katkisasie te hou. |
| 30 Jul |
|
Dr. Nicholas vertrek na Tygerberg om te spesialiseer. |
| 6 Aug |
|
Besoek aan en gesprek met ‘n vrouelidmaat by Nkanya wat besig is om te twasa. |
| 11 Sep |
|
Die Kamfers van Decoligny help met ‘n vrouekonferensie. Vrouens en Neelsie word ‘aangetrek’. |
| 18 Sep |
|
Ongeveer 70 plaaslike kinders woon die Nkanya-kamp by. Vossie, Haas Burger en Ev. Mngesi help. |
| 26 Sep |
|
Ds. D.S. Conradie en 34 KJA-lede op besoek. |
| 16 Okt |
|
Dr. Niel Cameron en sy vrou, Hilda, is reeds op Madwaleni. (Die einde van die Stasiedagboek-inskrywings). |
| 1979 |
|
|
| Feb |
|
Ev. Peters word bevestig. |
| Mei |
|
Danie en Harry by Opperhoof Zwelinqaba se begrafnis. Die Kanisse vertrek na meer as vier jaar. Drr. Arij Koppenaal en Georg Kulhali en sy vrou, Kumudu, albei dokters, in die hospitaal. |
| 1982 |
|
|
| Mrt |
|
Dr. Leichtman op Madwaleni begrawe ná byna vyf jaar se diens. |
Saamgestel deur Hennie Pretorius ná die reünie en viering van Madwaleni se vyftigjarige bestaan op 7-9 Augustus 2009. Die hoofbron is die Stasiedagboek van die Ned. Geref. Sending in die Transkei (beskikbaar by die Argief en Bestuursinligtingsdienste van die N G Kerk, Noordwal-Wes 1, Stellenbosch) en deur kommentaar van sommige van die pioniers aangevul. Alle aanhalings is uit die Dagboek. ‘n Verkorte weergawe in Engels wat hoofsaaklik die mediese aspekte dek, is by bg. Argief beskikbaar.